Location: South Africa » Western Cape » Garden Route » Hartenbos

ATKV Hartenbos Conference Centre.

ATKV Hartenbos Conference Centre.

Contact Details:
Reservations
Tel: 086 127 6237
Int. Tel: +27 51 924 0585

Description

ATKV-Hartenbos konferensieoord langs die Suid-Kaapse kus bied net wat jy nodig het om jou sukses uit te bou. Daar is alles, van professionele konferensietoerusting tot 'n wêreld van opwinding en ontspanning. Dit is reg langs die eindelose see, sodat jy jou visie onbeperk kan verbreed!

ATKV-Hartenbos lê 8 km van Mosselbaai en 45 km van George se lughawe af. Die oord lê ook amper presies tussen Kaapstad en Port Elizabeth. Dit beteken dat ATKV-Hartenbos ideaal geleë is vir konferensies, vergaderings en spanbousessies. Die vyf moderne konferensiegeriewe maak voorsiening vir kleiner groepe, asook groter groepe van tot 1 000 afgevaardigdes. ATKV-Hartenbos se konferensiefasiliteite bied 'n unieke see-uitsig.